
Baie dankie dat jy op hierdie webtuiste ingeskakel het. Ons waardeer jou besoek.
Ons fokusteks is Genesis 12:2
"Ek sal jou seën en jou 'n mens van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees."
Dit sê iets van die gesindheid wat ons hier in Table View gemeente probeer uitleef. Ons is geseënd om instrumente van seën te wees. Ons glo dat elkeen iemand is, want Christus maak ons iemand. Daarmee saam wil Hy ons ook gebruik om elke mens wat ons pad kruis soos iemand te laat voel. Maak dus nie saak wie jy is of wat jou agtergrond is nie - jy is welkom! Ons sal jou nie oordeel nie, nie op jou gevoel speel nie en jou beslis nie laat skuldig voel nie - hier gaan dit vir ons oor genade, liefde, deernis en openheid.
Kyk gerus deur ons webtuiste, maar ons sal jou graag ook wil ontmoet. Jy is welkom! En onthou: die Here jubel en juig oor jou!
Kliek gerus hier om ons kontak besonderhede te vertoon.


- Feba Radio SA
- NG Kerk Suid Afrika
- Kerkbode
eKerk - F.L.A.M
- Volg ons op Twitter
- Volg ons op Facebook
- Bybel aanlyn


Jesaja 30:15
So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie...
